Bookmark and Share
Gebed van n bruid

Hemelse Vader, vandag is my huweliksdag en my hart jubel van vreugde en geluk.
Gee dat die vreugde van hierdie dag nooit sal verdof of omskep word in berou oor die stap wat ek vandag neem.
Mag die liefde wat ons op hierdie dag vir mekaar koester, net elke dag groei en edeler word.
Maak my getrou in die verpligtinge wat die huweliksbelofte op my plaas.
Gee dat ek vir hom 'n beminde, 'n vriendin en ondersteuner sal wees.
Here, hou tog alle versoekings wat die huwelik sal bedreig weg uit ons harte.
Vader gee aan ons U onmisbare seën op hierdie besondere dag.
Dankie dat ons twee saam aan U hand die toekoms kan instap.
Ons plaas onsself in U almagtige en liefdevolle hande.
In Jesus Naam
Amen.

 




test